Sell
Agri4All
Country Flag

Monitor kunsmisvloei | Electrolee

Price on request

N/A

Including VAT

Monitor kunsmisvloei | Electrolee
More Coming Soon!
More Coming Soon!
More Coming Soon!
More Coming Soon!

Photo Gallery

Gallery Image
Enlarged Image

Description

Eenvormige plantestand verseker optimale opbrengs.

Akkurate saadspasiëring bevorder gelyke en eenvormige opkoms en is die grondslag om optimale opbrengspotensiaal te verseker.

Met planttyd moet die saaiboer 'n eenvormige plantestand bewerkstellig om ongelyke rypwording te verhoed en die beste moontlike produksie van elke plant te verkry. Veel erger is dooie rye waar geen saad geplant word nie, want dit beteken geen opbrengs nie.

Electrolee se plantermonitors help saaiboere om duur en onnodige verliese, soos dooie rye of rye sonder kunsmis, te voorkom, deur die akkurate plasing van saad en kunsmis tydens die plantproses te monitor.

Danksy ’n stel elektroniese sensors wat op strategiese plekke in die planter geplaas word, kan die plantermonitor saadvloei of ander aktiwiteite onmiddellik monitor.

Die LED-liggies op die boonste ry van die plantermonitor wys hoe die pitte deur die saadbuise val. Terwyl die liggies van al die plantrye flits, weet die trekkerbestuurder dat die plantproses reg werk en kan hy sy aandag op die wyer plantproses toespits.

Die plantermonitor sal die trekkerbestuurder waarsku sodra ’n fout ontstaan. ‘n Alarm sal afgaan om hom te waarsku dat ‘n saadbuis verstop is en of as daar ‘n meganiese fout is. 'n Rooi liggie op die onderste ry van die plantermonitor dui aan in watter kanaal die probleem is.

Die trekkerbestuurder kan dus dadelik reageer en tyd bespaar deur direk aandag te gee aan die ry wat uitgewys is. Danksy die vroeë waarskuwingstelsel kan dooie rye vermy word.

Verskeie ander sensors vir die monitering van asomwentelings asook korrel- en vloeibare kunsmis is ook beskikbaar.

Die plaaslik vervaardigde plantermonitor is betroubaar, liggewig en bestand teen omgewingstoestande soos stof en reën. Die stelsel is gebruikersvriendelik en maklik om op te stel en te onderhou. ‘n Gebruikshandleiding word ook ingesluit.

Die toestel word op verstelbare, vlekvrye staalvoete gemonteer. Dit kan op ’n instrumentpaneel of teen die kajuitmuur gemonteer word, of van die kajuit se dak af hang.

Die toestel word aan die trekker se 12 volt battery gekoppel. Verskeie modelle is beskikbaar vir gebruik met planters van verskillende groottes en na gelang van die produsent se behoeftes.

Die basiese plantermonitor kan ook uitgebrei word met ‘n digitale eenheid. Die opsionele eenheid verskaf waardevolle inligting deurlopend aan die produsent en word gebruik om onder meer die plantdigtheid per ry en plantestand per hektaar te bereken.

Die inligting word outomaties in die geheue van die digitale eenheid gestoor en help met beplanning en beheer van die plantproses.

Electrolee se plantermonitors en digitale eenhede dra ‘n drie jaar waarborg en word ondersteun deur puik naverkoopdiens. Die produkte bied saaiprodusente gemoedsrus dat hulle onnodige produksieverliese sal uitskakel en oesopbrengs sal verhoog.

Kontak Electrolee vir meer inligting:

Follow Us:

Facebook

Details

Contact Details

Name: Electrolee
Country: South Africa
N/A
N/A
Logo

Contact Seller

Name
Email
Phone Number *
Include country code (e.g., +27 for South Africa, +1 for USA)
Message
Safety Tips
Use a safe location to meet seller
Avoid cash transactions
Beware of unrealistic offers
Avoid wiring money online or advance payments
Pay for shipping only if you know the seller
Never share your financial information

View our Disclaimer here

The website Agri4all.com does not take any responsibility for any fraudulent post

Hein Kruger

Joined: Aug 2020

Logo

Report this product

Name
Email
Phone Number
Include country code (e.g., +27 for South Africa, +1 for USA)
Reason
Logo

Email a Friend

Full Name
Your Email
Your Friend's Email
Message

min: 10 & max: 255 characters

Featured Ads